Wikipedia:Voorbladartikel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Voorbladartikels: die beste van Wikipedia

Cscr-featured.svg

Hier by die Afrikaanse Wikipedia poog ons om spogartikels voor te berei om op die voorblad te pryk. Hierdie artikels verteenwoordig van die beste skryfwerk en is vooraf gekies deur die gemeenskapslede. Dit beteken egter nie dat die artikels nie verder verbeter kan word nie, maar bloot dat dit al reeds meer aandag geniet het.

Tans is daar 388 artikels wat voorbladstatus behaal het, uit 'n totaal van 89 796. Dus verskyn een uit elke 231 artikels op die onderstaande lys. Nomineer gerus potensiële artikels by Kandidaatartikels vir voorblad of bespreek ander gebruikers se nominasies.

Calendar-nl.png

Nuwe toevoegings

'n Oorsig van verskeie dierspesies

Diere behoort tot Animalia, een van vyf (of soms ses) biologiese koninkryke. Dit word ook Metazoa genoem. Diere is oor die algemeen veelsellige, eukariotiese organismes wat ander organismes eet vir voeding. Die meeste diere kan in die een of ander stadium van hul lewe onafhanklik en spontaan beweeg.

Diere bestaan reeds van die Prekambrium af, maar die meeste bekende dierefilums het tydens die Kambriese ontploffing, sowat 542 miljoen jaar gelede, in die fossielrekord verskyn. Diere kan oor die algemeen in gewerweldes en ongewerweldes verdeel word. Gewerweldes het ’n ruggraat en maak minder as 5% van alle dierespesies uit. Dit sluit in visse, amfibieë, reptiele, voëls en soogdiere. Die res is ongewerweldes; hulle het nie ’n ruggraat nie. Dit sluit in weekdiere (mossels, oesters, seekatte, pylinkvisse, slakke); geleedpotiges (insekte, spinnekoppe, skerpioene, krappe, krewe, garnale); ringwurms (erdwurms, bloedsuiers), rondewurms, platwurms, neteldiere (jellievisse, seeanemone, korale), ribkwalle en sponsdiere.

Die studie van diere word dierkunde of soölogie genoem.

...lees verder
R federer.jpg

Roger Federer (gebore 8 Augustus 1981 in Basel, Switserland) is ’n Switserse professionele tennisspeler en tans no. 3 op die wêreldranglys van mansenkelspelspelers volgens die ATP. Baie kenners en tennisspelers glo Federer is moontlik die beste speler in die geskiedenis van tennis. Sy ma, Lynette Federer, is ’n Suid-Afrikaner en hy het self ook Suid-Afrikaanse burgerskap.

Federer het al 20 Grand Slam-titels gewen tydens mansenkelspeltoernooie (hy het al aan 74 deelgeneem), die meeste in die geskiedenis vir ’n manstennisspeler. Hy het die Wimbledon-kampioenskapstoernooi agt keer gewen (’n rekord), die Australiese Ope ses keer, die VSA-Ope vyf keer (almal agtereenvolgens; ’n rekord) en die Franse Ope een keer. Hy is een van net agt mans met ’n loopbaan-Grand Slam agter sy naam. In 2004 het hy die eerste speler sedert Mats Wilander geword wat drie van die vier Grand Slam-enkelspeltoernooie in dieselfde jaar wen: die Australiese Ope, Wimbledon en die VSA-Ope. Hy het ook al ses Tennismeestersbekertoernooie en 27 ATP-meestersreekstitels gewen.

Federer het die ATP se no. 1-posisie vir ’n rekord van 310 weke beklee. Hy het ook van 2 Februarie 2004 tot 17 Augustus 2008 die no. 1-wêreldposisie vir ’n rekord van 237 agtereenvolgende weke beklee. Op 8 Julie 2007 het hy Björn Borg se rekord van vyf agtereenvolgende seges op Wimbledon geëwenaar.

Sy spel is veelsydig, en sy oënskynlik maklike en doeltreffende bewegings het hom gewild gemaak onder tennisaanhangers.

...lees verder

Aardrykskunde

Japan

Aarde - Alabama - Alexandrië - Alpe - Andorra - Antarktika - Argentinië - Arktiese Oseaan - Arles - Armenië - Australië - Azerbeidjan - Belfast - België - Berg Athos - Berlyn - Bergen - Bernau bei Berlin - Bieszczady - Bordeaux - Brasilië - Bredasdorp - Bremen - Bretagne - Brussel - Buenos Aires - Bulgarye - Carcassonne - Chicago - Chili - Costa Rica - Darmstadt - Denemarke - Duitsland - Durban - Estland - Faroëreilande - Frankfurt am Main - Frankryk - Frans-Guyana - Genua - Georgië - Glasgow - Gotenburg - Hamburg - Hawaii - Helsinki - Hesse - Ierland - Iran - Istanboel - Japan - Johannesburg - Kaapstad - Kaliningrad - Kambodja - Kanada - Kasakstan - Keulen - Krim - Krugerwildtuin - Leiden - Libië - Litaue - Londen - Los Angeles - Madagaskar - Malawi - Malta - Meksiko - Milwaukee - Moldowa - Monaco - Mont-Saint-Michel - Montreal - Montreux - Moskou - Namibië - Nedersakse - Nieu-Seeland - Noord-Ierland - Noorweë - Normandië - Nyldelta - Oekraïne - Paaseiland - Parys - Perth - Pireneë - Pole - Port Elizabeth - Potsdam - Pretoria - Provence - Quebec - Republiek Masedonië - Réunion - Reykjavik - Riga - Rio de Janeiro - Rusland - São Paulo - Senegal - Siberië - Skerryvore - Skotland - Slowakye - Straatsburg - Suid-Afrika - Svalbard - Swartwoud - Swede - Switserland - Sydney - Tahiti - Thailand - Tornado - Tsoenami - Turyn - Uruguay - Valencia - Verenigde State van Amerika - Vermont - Vilnius - Waalse Gewes - Washington, D.C. - Wes-Australië - Ysland - Zambië - Zürich


Geskiedenis

Bomwerpers oor Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog

Amerikaanse Rewolusie - Andries Pretorius - Anne Frank - Antieke Egipte - Apartheid - Assirië - Berlynse Lugbrug - Boeing B-17 Flying Fortress - Boerekrygsgevangenes - Cetshwayo kaMpande - Cicero - Cité de Carcassonne - Duitse Demokratiese Republiek - Etruskers - Francis William Reitz - Fritz Joubert Duquesne - Gallië - Goelag - Heinz Guderian - Homeros - Indusvalleibeskawing - Jan Christian Smuts - Jesus van Nasaret - Johanna van Arkel - Kathaar - Khmer-ryk - Kiëf-Roes - Kosakke - Koue Oorlog - Kruistog - Kulturele Rewolusie - Memphis (Egipte) - Middeleeuse kookkuns - Mongoolse Ryk - Adriaan Moorrees - Namibiese volksmoord 1904-1908 - Fridtjof Nansen - Nikolaas II van Rusland - Operasie Entebbe - Opstand in die Warskou-ghetto - Palmyra - Perikles - Plinius die ouere - Pitia - Pous Pius IX - Pous Silvester II - Russiese Rewolusie 1917 - William Philip Schreiner - Sesdaagse Oorlog - Slag van Magersfontein - Slag van Stalingrad - Hans Strijdom - Helen Suzman - Tweede Wêreldoorlog - USS Constitution - Victoria van die Verenigde Koninkryk - Winteroorlog


Kultuur en samelewing

'n Glas rooiwyn

Afrikaanse kerkbou in die Karoo - Barnsteen - Simone de Beauvoir - Christiaan Frederik Beyers - Boeddhisme - Borsjt - André P. Brink - Ted Bundy - Byeboerdery - Petrus Coetzee - Cristina Fernández de Kirchner - Dagbreek - Marie Koopmans-De Wet - Die Transvaler - Die Vaderland - Egiptiese mitologie - Ekonomie van Suid-Afrika - Frans Engelenburg - Ganesja - Geestesteuring - Gereformeerde kerk Humpata - Geskiedenis van erotiese afbeeldings - Groot Markplein van Brussel - Hadj - Carl Otto Hager - Hiernamaals - Adriaan Hofmeyr - Jan Hendrik Hofmeyr - Jannie Hofmeyr - Jode in Suid-Afrika - Kaas - Kleurlingstemregvraagstuk - Mabel Malherbe - Johannes Meintjes - Middeleeuse kookkuns - Andrew Murray - Nederduits (skoolvak) - NG gemeente Fordsburg - NG gemeente Rondebosch - Oktoberfest - Oosters-Ortodokse Kerk - Paryse Metro - Posseël - Dirk Postma - Reinheitsgebot - Rooiplein - P.D. Rossouw - Seks - Seksualiteit in antieke Rome - Sider - Sisiliaanse Mafia - Slawiese mitologie - Suid-Afrikaanse militêre dekorasies: 2003- - Swabies-Alemanniese Karnaval - Elizabeth Taylor - Herman van Broekhuizen - Verenigde Party - Vlag van Argentinië - Vlag van Armenië - Vlag van Australië - Vlag van Azerbeidjan - Vlag van Brasilië - Vlag van Chili - Vlag van die Filippyne - Vlag van die Verenigde Koninkryk - Vlag van die Verenigde State - Vlag van die Volksrepubliek China - Vlag van Duitsland - Vlag van Europa - Vlag van Indië - Vlag van Israel - Vlag van Japan - Vlag van Kanada - Vlag van Meksiko - Vlag van Nieu-Seeland - Vlag van Puerto Rico - Vlag van Singapoer - Vlag van Suid-Afrika - Webjoernaal - Wladimir Poetin - Wyn


Sport

'n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit 'n harde duikslag deur 'n Australiër

All Blacks - Engelse nasionale rugbyspan - Roger Federer - Franse nasionale rugbyspan - Krieketwêreldbeker 2015 - Krieketwêreldbeker 2019 - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Paralimpiese Somerspele 2008 - Rugby - Rugbywêreldbeker 2007 - Rugbywêreldbeker 2011 - Rugbywêreldbeker 2015 - Rugbywêreldbeker 2019 - Skaak - Springbokke - Tafeltennis - Wallabies


Biologie

Seekoei

Afrika-rotsluislang - Berghaan - Blouwalvis - Buffel - Dier - Dinosourus - Fotosintese - Gewone luislang - Gordeldier - Javaanse tier - Kat - Koraal - Kryt-Paleogeen-uitwissing - Leeu - Lewensiklus van die tier - Mens - Menslike evolusie - Mos - Pikkewyn - Poema - Pylsterteend - Rot - Saffraan - Seekoei - Sekretarisvoël - Swangerskap - Tierluislang - Ysbeer


Taal- en letterkunde

Padteken in Wallies

Afrikaans - Fins - Frans - Hamlet - Henry James - Italiaans - Mabel Jansen - Adam Mickiewicz - Nederlands - William Shakespeare - Sweeds - Taal - Verskille tussen Afrikaans en Nederlands - Wallies


Die Kunste

'n Strokiesverhaal

Ingmar Bergman - Bucchero - Samuel Cronwright - Salvador Dalí - Marlene Dietrich - documenta - Paul Gauguin - Katedraal van Vilnius - Klooster - Krugerstandbeeld - Kuns - Leonardo da Vinci - Modernisme - Marita Napier - Oscar Niemeyer - Jacobus Hendrik Pierneef - Johan de Ridder - Leni Riefenstahl - Staafkerk van Borgund - Sosialistiese realisme - Strokiesverhaal - Topkapi-paleis - Rembrandt van Rijn - Leonore Veenemans - Andy Warhol


Sterrekunde en ruimtevaart

Saturnus

Aarde - Andromeda-sterrestelsel - Asteroïde - Buiteaardse lewe - Europese Suidelike Sterrewag - Hubble-ruimteteleskoop - Komeet - Kuipergordel - Maan - Maanlanding - Mars - Melkweg - Opsporing van eksoplanete - Pluto - Saturnus - Sonnestelsel - Ster - Sterrestelsel - Veranderlike ster


Wetenskap en tegnologie

Wankelenjin

Aardverwarming - Airbus A380 - Binnebrandenjin - Concorde - Differensiaalrekening - Gemenedrukbuisbrandstofinspuiting - Geskiedenis van die Aarde - Glas - Hardeskyf - Hernubare energie - Kamera - Laser - Parasetamol - Patent - Pi - Poolkoördinatestelsel - Ignaz Semmelweis - Sherman Firefly - TGV - Tegnesium - Tempelhof-lughawe - Toekoms van die Aarde - Turboskroef - Uraan - Wankelenjin - Waterstof - Yster


Voorbladartikels 2005Voorbladartikels 2006Voorbladartikels 2007Voorbladartikels 2008Voorbladartikels 2009Voorbladartikels 2010Voorbladartikels 2011Voorbladartikels 2012Voorbladartikels 2013Voorbladartikels 2014Voorbladartikels 2015Voorbladartikels 2016Voorbladartikels 2017Voorbladartikels 2018Voorbladartikels 2019Voorbladartikels 2020




Indien die voorblad nie verfris word met die nuwe week se artikel nie, of indien die geskiedkundige herdenkings steeds die vorige dag se inskrywings vertoon, kan u gerus hier klik sodat dit verfris word.